
Lukraaketaar is 'n Afrikaanse Suid-Afrikaanse akoestiese musiekgroep wat uit twee lede bestaan, Pierre Greeff en Alwyn Kotzé.
Hulle beskryf hul lirieke as "sielvolle woorde" en hul musiek as "akoesties met skop".
Die groep se naam, Lukraaketaar, is 'n kombinasie van twee woorde: lukraak, wat beteken toeval, geluk, na willekeur; en ketaar, wat volgens hulle 'n woordspeling op "kitaar" en "kommentaar" is.
Lukraaketaar is bekend vir hul uitgesprokenheid en retoriese vrae in hul lirieke. [read more...]